


Waarom die kunste?
Die kunste speel ’n belangrike rol in die holistiese ontwikkeling van ’n kind. Dit ondersteun nie net kreatiwiteit nie, maar dra ook by tot fisieke, emosionele en kognitiewe groei.
Fisieke ontwikkeling:
Die kunste bevorder fyn- en grootmotoriese vaardighede, verbeter handvaardigheid en versterk hand-oogkoördinasie. Dit help ook met liggaamsbeheer, balans, koördinasie en die persepsie van ruimte.
Sosiale en emosionele ontwikkeling:
Deelname aan die kunste ontwikkel selfvertroue en selfbeeld, en skep ’n veilige ruimte vir emosionele uitdrukking. Dit bevorder emosionele intelligensie, kreatiwiteit, innovasie en besluitnemingsvaardighede.
Kognitiewe en taalontwikkeling:
Die kunste versterk verbale intelligensie, kommunikasievermoë en logiese redenasie. Dit stimuleer laterale denke en ondersteun vaardighede soos lees, spelling en rekenkunde.
Algemene ontwikkeling en welstand:
Verder dra die kunste by tot beter geheue, motoriese beheer, tydsberekening en ’n langer aandagspan. Dit ondersteun gesonde slaappatrone, versnel ontwikkeling en verhoog bewustheid van sosiale en taalvaardighede, asook ruimtelike oriëntasie.

Sedert 2004
Die NG Tygerpoort Kunstesentrum is ‘n bediening van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tygerpoort. Die Sentrum bestaan sedert 2004. Die klasse word aangebied op die terrein van die NG Gemeente Tygerpoort wat oorkant Laerskool Tygerpoort geleë is.
Elke onderwyser neem verantwoordelikheid vir groep of individuele lesse of klasse. Klasse word weeksmiddae aangebied volgens die betrokke onderwyser se beskikbaarheid.

Onderrig word aangebied in musiek, dans en drama.
MUSIEK
Klavier
Kitaar
Sang
Elektriese kitaar
Viool
Baskitaar
Dromme
Ukulele
Dwarsfluit
Blokfluit
Musiekteorie
MUSIKMAKERS™

Beat Bugs ( 4-5 jariges / Gr RR)
Rhythm Readers (5 tot 6 jariges / Gr R)
Melody Makers (6 tot 7 jariges / Gr 1)

DANS
Hip-hop
Moderne ballet (Jazz, Contemporary, Showdance)

DRAMA
Stem- en spraakontwikkeling
Toneelspel
Storiebou en karakterisering
Teaterdissipline en -etiket
Redenaars
Vertolkingskuns
Ons personeel
Die onderwysers streef daarna om ‘n liefde vir die kunste by elke leerder te kweek deur hoë standaard onderrig en professionele diens.










